Wednesday, February 16, 2011

Amazing God

Ek is regtig so amazed met my God.  Sjoe, Hy is regtig A M A Z I N G! 

Kyk, dit het regtig woes gegaan met ons.  Woes voel half nie eers vir my na die regte woord nie.  Woester as woes se woeste.  Ons was 'down and out'.....finished!  Daar was regtig nie meer hoop vir ons nie.  Die wat my ken weet dat ek nou van finansiël 'down and out' praat. 

Henno se foon het non-stop gelui van mense vir wie ons geld geskuld het.  Ons kliënte het met sulke drip en draps betaal, dit was terrible.  Ons kon nie meer ons huur betaal nie. Hoe ons geeet het is regtig nog 'n wonderwerk.  Die kar wat ons gery het was 'n geleende kar ens ens ens.  Ek kan julle nog lank besig hou met baie stories van ons woeste tyd, maar vandag is my hart vol van hoe amazing my God is en dis wat ek wil share.

Vandat Henno hierdie werk in Natal gekry het gebeur dinge net.  Ons ervaar regtig soveel guns dat dit soms moeilik is om dit in te neem.  Sjoe, waar begin ek.....

Henno doen so goed by die werk.  Hy is in sy element.  Daar kon wragties nie 'n beter werk vir hom gewees het as hierdie ene nie.  Henno is 'n entrepeneur en hou daarvan om sy eie ding te doen en te kan droom oor 'n besigheid.  Hier is sy broodtjie aan albei kante gebotter.  Hy werk tog vir 'n baas, maar die hele Natal is sy baby.  Hy kan maak net wat hy wil hier.  Obviously check hy maar met sy baas, maar as hy nog 'n tak wil oopmaak, kan hy.  As hy mense wil aanstel, kan hy ens ens ens.  My man is weer my man.  Die woeste tyd het hom gebreuk en vandag staan hy weer regop met sy skouers mooi terug, sy kop gelig en sy kroon terug op sy kop.  Ek is sooooo trots op hom.  Van al die 42 takke het hy die nr1 tak en een van sy ander takke is of nr 2 of 3.  Ons verdien nou 3x meer as wat ons ooit gedink het om te verdien.  To top it all off het sy baas ook nog hierdie week vir Henno laat weet dat vir elke nuwe tak wat Henno oopmaak is hy 'n 30% aandeelhouer, sonder enige kapitale insette.  WAAAAAATTTTTT????? Nou as jy dit nie guns noem nie dan weet ek nie.  A M A Z I N G     GOD!!!!!

Nog iets amazings is die feit dat gebed regtig egtig werk.  Op 'n stadium in die Kaap het ek baie hieraan begin twyfel, maar die Here het daardie twyfel dubbel en dwars kom herstel.
Ek het vir 'n great bediende begin bid toe ons Pietermaritzburg toe trek.  Hulle word so deel van jou lewe en dit was vir my belangrik dat ons iemand ouliks in die huis het.  Eendag staan ek sommer ek kyk op die Spar se community board of daar nie 'n bediende is nie.  Ek sien toe 'n "Gloria" se ad, en sê vir die Here dat ek vir die een wat na my huis se hek toe kom 'n kans sal gee om by ons te werk. 
Wel, seker 'n dag of twee later is daar iemand by die hek.  Ek gesels toe met haar en sê vir haar dat sy Vrydag moet kom en dan sal ons praat.  Net toe sy wil loop vra ek haar wat haar naam is;  "Gloria", sê sy so ewe.  AMAZING!!!!
Gloria is regtig 'n engel.  Alles wat ek nog ooit in 'n bediende wou hê is sy.  Elke aand sê ek vir Henno sy is amper te goed om waar te wees.  Sy is vriendelik en regtig baie oulik met die kinders.  Sy maak fantasties skoon en dan hoef ek haar ook nie eers heeltyd te sê wat om te doen nie, as ek maar weer sien was sy die vensters, of pak die kaste reg.  My gebed is beantwoord en ek staan weereens amazed. 

That is my AMAZING GOD!!!

Wednesday, February 2, 2011

Kylsie

My liefste dogtertjie word nou regtig so gou groot.  Een week later en sy swem en maak self haar skoene vas.  Ek is soooo trots op haar.  Sy was maar baie versigtig vir die water en wou nooit eers haar gesig nat hê nie.  Nou duik sy sommer in en swem soos 'n regte vissie in die water. Die skoene vasmaak ding was nou weer 'n ander storie.

Die sosiale butterfly wat sy is wil sy natuurlik aan ALS deelneem.  Natal is vir my nog sover die interessantste provinsie nog.  Hier is geen atletiek (soos ek nog altyd gewoond is) die eerste kwaartaal nie.  Dis net eenvoudig te warm en humiditeit is te hoog.  Hulle swem en doen trompoppies, wel die dogtertjies doen trompoppies.  Baie baie oulik.  Hulle swem val ook gedurende skooltyd, dis amazing.  Obviously is swem groot in Natal.  Kayla is in haar element.  Sy doen, swem, trompoppies, tennis (ook 'n skoolsport), ballet en klavier. 
Wat vir my amazing is van haar is dat sy elke liewe aktiwiteit wat sy doen 120% geniet.  Natuurlik is daar nog speedstax ook.  Ja toemaar, ek het ook gevra WAT?  Nog iets wat hulle anders hier in Natal doen.  Die kinders moet die koppies op stappels so vinnig as moontlik pak en weer afhaal.  Dis glo baie goed vir hulle koordinasie, maar iewers moes ek 'n lyn trek en sê "nee".  Ek dink sy het genoeg ander aktiwiteite.

Sy doen BAIE goed in die skool.  Seker te danke aan Durbanville dat hulle die kinders so gedruk het om so baie te lees.  En dan ook te danke aan Frankfort omdat hulle die kinders so gedruk het met die wiskunde.  Natal is verseker ver agter die Kaap en die Vrystaat se standaarde.  Die werk wat hulle nou doen het Kayla aan die begin van Gr 1 gedoen. 
Aan die eenkant is dit bietjie kommerwekend vir my, want gaan al hierdie kinders nie eendag in matriek dieselfde vraestelle skryf  nie?  Aan die anderkant was veral die Vrystaat vir my soms bietjie stram.  Die arme kind het skaars tyd gehad om te speel as ons die middae by die huis gekom het agv al die baie huiswerk.  Haar week se huiswerk nou is gelyk aan een dag se huiswerk gewees in Frankfort. Met die gevolg; ons was al Maandag klaar met die week se huiswerk.  Ek doen nou maar ekstra werk met haar en laat haar nogsteeds elke dag 'n boekie lees. 

Sy is baie "chuffed" met haarself, want juf sê sy is baie slim.  Dit doen haar natuurlik baie goed en die selfvertroue is ski high.  Seker die dat sy sommer nou swem en skoene vasmaak sonder enige issues.

Ek is besig om kamer vir kamer oor te doen in my huis.  Klaar met Christiaan se kamer en wil nou graag Kayla se kamer volgende tackle.  Ek sukkel nog net so bietjie met idees.  Ek weet ek wil vir pienk en lemmetjie groen gaan maar nie met 'n vaste tema soos Hannah Montana of Hello Kitty nie.  Ek sal eerder vir iets meer algemeen gaan soos butterflies of iets.  Ek het al ten minste materiaal raakgesien wat ek haar roman blind van wil maak.  Wel, ek sal maar nog so bietjie gaan droom.

My prinsessie word groot en ek geniet haar baie.  Sy is 'n liewe liewe kind met 'n hartjie van goud.  Ek is so geseënd om haar Mamma te kan wees.

Monday, January 31, 2011

Ek wonder???

Vandag is 'n wonder dag vir my.  Ek wonder sommer 'n hele klompie goeters.  Goeters wat ons Ma's maar oor wonder.

Ek wonder hoe Kayla en Christiaan gaan wees as tieners?  Ek wonder wat die Here als vir hulle beplan en hoe hulle paadtjies gaan loop. Ek wonder waar ek oor 'n jaar van nou gaan wees, ag en sommer silke silly goed.

Ek stap mos elke oggend saam met twee ander mammas van die skool.  Wel, eintlik nou 3.  Daar het nog 'n mamma vanoggend bygekom.  Sy is 'n skotse vrou, so nou het ons afrikaanse stappie ewe skielik in 'n engelse stappie verander.  Dis nog iets waaroor ek wonder.  Ek wonder hoekom is dit so dat ons afrikaanse mense altyd oorslaan engels toe as daar iemand wat engels is bykom en hoekom die engelse persoon nie afrikaans praat nie.  Ek verstaan sy is 'n Skot, maar sy is met 'n afrikaanse man getroud en bly al 'n leeftyd hier in SA.  Dis maar net iets waaroor ek wonder.

Maar meeste van als wonder ek vandag oor wat die Here se plan met my is hier in Pietermaritzburg. Ek is so gewoond daaraan dat al my vriende ook weergebore is en 'n pad met die Here stap.  Hierdie mensies (so dierbaar en pragtig soos wat hulle is) ken/weet van die Here, maar is nie in verhouding met die Here nie.  Dis vir my baie weird, maar tog exciting.  Ek weet nie wat die Here beplan met my daar nie, maar op hierdie stadium bou ek maar net verhouding en bid baie.

So nou en dan gooi ek 'n ietsie in van hoe amazing die Here is want......Die gesprek raak dan ewe skielik stil, en ek weet nie of dit is omdat hulle dink ek is mal en of hulle ook dink wow nie. Ek is so gewoond dat iemand dan 'n harde "Prys die Here" sê of  iets,  maar daar is nie regtig response nie.  Al wat ek wil wees is gehoorsaam aan die GROOT liefde van my lewe...my Here Jesus Christus.