Monday, January 31, 2011

Ek wonder???

Vandag is 'n wonder dag vir my.  Ek wonder sommer 'n hele klompie goeters.  Goeters wat ons Ma's maar oor wonder.

Ek wonder hoe Kayla en Christiaan gaan wees as tieners?  Ek wonder wat die Here als vir hulle beplan en hoe hulle paadtjies gaan loop. Ek wonder waar ek oor 'n jaar van nou gaan wees, ag en sommer silke silly goed.

Ek stap mos elke oggend saam met twee ander mammas van die skool.  Wel, eintlik nou 3.  Daar het nog 'n mamma vanoggend bygekom.  Sy is 'n skotse vrou, so nou het ons afrikaanse stappie ewe skielik in 'n engelse stappie verander.  Dis nog iets waaroor ek wonder.  Ek wonder hoekom is dit so dat ons afrikaanse mense altyd oorslaan engels toe as daar iemand wat engels is bykom en hoekom die engelse persoon nie afrikaans praat nie.  Ek verstaan sy is 'n Skot, maar sy is met 'n afrikaanse man getroud en bly al 'n leeftyd hier in SA.  Dis maar net iets waaroor ek wonder.

Maar meeste van als wonder ek vandag oor wat die Here se plan met my is hier in Pietermaritzburg. Ek is so gewoond daaraan dat al my vriende ook weergebore is en 'n pad met die Here stap.  Hierdie mensies (so dierbaar en pragtig soos wat hulle is) ken/weet van die Here, maar is nie in verhouding met die Here nie.  Dis vir my baie weird, maar tog exciting.  Ek weet nie wat die Here beplan met my daar nie, maar op hierdie stadium bou ek maar net verhouding en bid baie.

So nou en dan gooi ek 'n ietsie in van hoe amazing die Here is want......Die gesprek raak dan ewe skielik stil, en ek weet nie of dit is omdat hulle dink ek is mal en of hulle ook dink wow nie. Ek is so gewoond dat iemand dan 'n harde "Prys die Here" sĂȘ of  iets,  maar daar is nie regtig response nie.  Al wat ek wil wees is gehoorsaam aan die GROOT liefde van my lewe...my Here Jesus Christus.