Wednesday, February 2, 2011

Kylsie

My liefste dogtertjie word nou regtig so gou groot.  Een week later en sy swem en maak self haar skoene vas.  Ek is soooo trots op haar.  Sy was maar baie versigtig vir die water en wou nooit eers haar gesig nat hê nie.  Nou duik sy sommer in en swem soos 'n regte vissie in die water. Die skoene vasmaak ding was nou weer 'n ander storie.

Die sosiale butterfly wat sy is wil sy natuurlik aan ALS deelneem.  Natal is vir my nog sover die interessantste provinsie nog.  Hier is geen atletiek (soos ek nog altyd gewoond is) die eerste kwaartaal nie.  Dis net eenvoudig te warm en humiditeit is te hoog.  Hulle swem en doen trompoppies, wel die dogtertjies doen trompoppies.  Baie baie oulik.  Hulle swem val ook gedurende skooltyd, dis amazing.  Obviously is swem groot in Natal.  Kayla is in haar element.  Sy doen, swem, trompoppies, tennis (ook 'n skoolsport), ballet en klavier. 
Wat vir my amazing is van haar is dat sy elke liewe aktiwiteit wat sy doen 120% geniet.  Natuurlik is daar nog speedstax ook.  Ja toemaar, ek het ook gevra WAT?  Nog iets wat hulle anders hier in Natal doen.  Die kinders moet die koppies op stappels so vinnig as moontlik pak en weer afhaal.  Dis glo baie goed vir hulle koordinasie, maar iewers moes ek 'n lyn trek en sê "nee".  Ek dink sy het genoeg ander aktiwiteite.

Sy doen BAIE goed in die skool.  Seker te danke aan Durbanville dat hulle die kinders so gedruk het om so baie te lees.  En dan ook te danke aan Frankfort omdat hulle die kinders so gedruk het met die wiskunde.  Natal is verseker ver agter die Kaap en die Vrystaat se standaarde.  Die werk wat hulle nou doen het Kayla aan die begin van Gr 1 gedoen. 
Aan die eenkant is dit bietjie kommerwekend vir my, want gaan al hierdie kinders nie eendag in matriek dieselfde vraestelle skryf  nie?  Aan die anderkant was veral die Vrystaat vir my soms bietjie stram.  Die arme kind het skaars tyd gehad om te speel as ons die middae by die huis gekom het agv al die baie huiswerk.  Haar week se huiswerk nou is gelyk aan een dag se huiswerk gewees in Frankfort. Met die gevolg; ons was al Maandag klaar met die week se huiswerk.  Ek doen nou maar ekstra werk met haar en laat haar nogsteeds elke dag 'n boekie lees. 

Sy is baie "chuffed" met haarself, want juf sê sy is baie slim.  Dit doen haar natuurlik baie goed en die selfvertroue is ski high.  Seker die dat sy sommer nou swem en skoene vasmaak sonder enige issues.

Ek is besig om kamer vir kamer oor te doen in my huis.  Klaar met Christiaan se kamer en wil nou graag Kayla se kamer volgende tackle.  Ek sukkel nog net so bietjie met idees.  Ek weet ek wil vir pienk en lemmetjie groen gaan maar nie met 'n vaste tema soos Hannah Montana of Hello Kitty nie.  Ek sal eerder vir iets meer algemeen gaan soos butterflies of iets.  Ek het al ten minste materiaal raakgesien wat ek haar roman blind van wil maak.  Wel, ek sal maar nog so bietjie gaan droom.

My prinsessie word groot en ek geniet haar baie.  Sy is 'n liewe liewe kind met 'n hartjie van goud.  Ek is so geseënd om haar Mamma te kan wees.

No comments:

Post a Comment